Temba Travel

Cresta Lodge - Gaborone

Samora Machel Dr, South East Gaborone, Botswana

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>

DIE BESTE HOTEL IN GABORONE TEN OPSIGTE VAN WAARDE VIR GELD.

Cresta Lodge is ‘n luukse 4-ster hotel in Gaborone, Botswana – gewild tussen besigheidsmense en toeriste. Gaborone is die hoofstad van Botswana en is geleë langs die Notwe-rivier in die suidoostelike streek van die land, slegs 15 kilometers van die Suid-Afrikaanse grens af.

Die Cresta Lodge in Gaborone bied luukse akkommodasie vir ‘n sakpas prys, Die hotel is bekend in Botswana vir uitstekende diens. Jy betaal ook nie vir onnodige fasiliteite wat slegs jou hotelrekening die hoogte laat inskiet nie. Die hotel is in Machel-rylaan in Gaborone, Botswana, slegs 2 kilometer van die sentrale sakekern, en bied hope veilige parkering.

Gaste by die Cresta Lodge in Gaborone, Botswana, gaan tuis in 131 dubbel- en 27 enkelbedkamers, almal en suite. Daar word goed voorsiening gemaak vir gaste met fisieke gestremdhede.

Die Cresta Lodge bied verloklike etes in die Chatters Restaurant en Cocktail Bar aan. Dit sluit ‘n uitgebreide wynlys in. Die restaurant kan tot 120 gaste huisves, en bied uitstekende kontinentale en vol Engelse ontbyte aan, asook buffet of a la carte aandetes en middagetes. As jy nie so honger is nie, kan jy drankies en versnaperinge by die Terrace Snack Bar geniet.

Gaste kan in Botswana se heerlike sonskyn ontspan terwyl hulle by die swembad ontspan, of in die landskaptuine van die Cresta Lodge na die nabygeleë Gaborone Dam stap. Kinders kan die veilige kinderswembadjie plas. Die goed-toegeruste gymnasium sal die meer aktiewe gaste besig hou, of jy kan die nabygeleë 18-putjie gholfbaan of muurbalbaan besoek.

Cresta Lodge in Gaborone, Botswana, bied etlike ander fasiliteite wat ‘n mens by ‘n hotel sal verwag. Wi-fi internet, faks- en teleksdienste, sekretariële dienste, asook goedtoegeruste konferensiefasiliteite vir minstens 25 afgevaardigdes verseker dat Cresta Lodge ‘n ideala vertoefpunt vir besigheidsmense is. ‘n Wasgoeddiens, asook hulp met motorverhuring, toer-inligting en lughawetransport hou die Cresta Lodge ‘n gewilde toeristebestemming in Botswana.

By Cresta Lodge in Gaborone, Botswana, word gaste in 131 dubbelkamers en 27 enkelbedkamers gehuisves. Al die kamers is en suite en lugverkoel. Spesiale akkommodasie word vir gaste met gestremdhede voorsien. Elke kamer is toegerus met radio, satelliet-TV, direkte skakel telefoon, tee/koffie-stasie, haardroër en skeerpunte. Kamerdienste is beskikbaar.